Vulstasie-eienaars sat vir laat kennisgewing van brandstofprys

Die eienaars van vulstasies sê die laat kennisgewing van die brandstofprys, wat Dinsdagmiddag rondom drie-uur bekend gemaak is en middernag in werking getree het, is onaanvaarbaar. Vulstasies kan op sulke kort kennisgewing, veral met ‘n toestroming van bestuurder glad nei voldoende beplan nie. Die Fuel and Franchise Assocation, bekend as Fafa, se voorsitter Deklen Viviers, sê dit gebeur al hoe meer gereeld.