Vulstasie-eienaars bly oor die verhoging in bedryfsmarge

Die ministerie van myne en energie het verlede week laer brandstofpryse aangekondig, asook om die bedryfsmarge met 23 sent tot 189 sent per liter te verhoog. Die handelaarsmarge vir vulstasie-operateurs styg met 9 sent per liter tot 192 sent per liter. Reaksie is ontvang van die Fuel and Franchise Assocation, Fafa. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter, Deklen Viviers, gesels.