Vulstasie-eienaars bespreek winsmarge en brandstofsmokkelary

‘n Namibiese vulstasie-eienaar het gereageer op die Namibiese Brandstof-kleinhandelaars se vergadering vandag in Windhoek oor die pad vorentoe rakende die kwessie van stygende brandstofpryse in die land. Hulle eis beleidsveranderinge oor hoe brandstofpryse aangepas word. Sommige kleinhandelaars beplan om vulstasies regoor die land te sluit totdat ‘n beduidende verandering geïmplementeer word. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar, sê aan Kosmos 94.1 Nuus twee punte, naamlik die winsmarge en brandstofsmokkelary, was vandag onder bespreking.