Vullis hoop op by Gautengse hospitaal

Die DA in Gauteng sê vullis bou reeds weke lank op in die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal en veroorsaak ‘n gesondheidsrisiko. Die DA-lid, Jack Bloom, sê hoewel mediese afval afsonderlik deur ‘n privaat kontrakteur versamel word, is die vullis veronderstel om gereeld deur Pikitup verwyder te word, maar dit het nie gebeur nie, en het nou tot onaanvaarbare vlakke opgebou.