VSA wil vebeterde hulp in Gaza sien, of…

Amerika het Israel se regering 30 dae gegee om dringend toegang tot humanitêre hulp in Gaza te verhoog, of sommige militêre hulp sal gestaak word. Matthew Miller, woordvoerder van die Amerikaanse staatsdepartement, sê die brief was bedoel om ‘n private diplomatieke kommunikasie te wees, maar hy bevestig dit graag. Hy sê die huidige vlakke van hulp wat dit tot in Gaza maak, is “baie laag”. Israel het later Amerika die versekering gegee dat hy nie Iran se kernkrag- of oliefasiliteite sal teiken in ‘n vergeldingsaanval nie.