VSA wil in April weer Sudan skietstilstand-gesprek hervat
Amerika kyk na 18 April vir ‘n moontlike hervatting van vredesgesprekke oor Sudan in Saoedi-Arabië, sê die Amerikaanse spesiale gesant vir Sudan, Tom Perriello. Washington soek ‘n oplossing vir die konflik wat miljoene verplaas het en die wêreld se grootste humanitêre krisis veroorsaak het. Washington het duidelik gekommunikeer dat die vredesgesprekke inklusief sal moet wees, en die Verenigde Arabiese Emirate, Egipte, die streeks-Oos-Afrikaanse blok IGAD en die Afrika-unie insluit. Generaal Yasir al-Atta, een van die Sudanese weermag se topleiers, sê daar sal geen onderhandelinge of wapenstilstand met die paramilitêre Rapid Support Forces wees nie. Die weermag en die RSF het middel April verlede jaar begin oorlog maak toe langdurige spanning in hewige gevegte ontaard het.