VSA vra tydelike wapenstilstand in Gaza

Amerika het ‘n konsepresolusie aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad voorgestel wat ‘n tydelike wapenstilstand in die Israel-Hamas-oorlog vra. Dit staan ook ‘n groot grondoffensief deur sy bondgenoot Israel in Rafah teen, volgens die teks wat deur Reuters gesien is. Die stap kom nadat Amerika te kenne gegee het dat hulle ‘n Algeryns-opgestelde resolusie, wat ‘n onmiddellike humanitêre wapenstilstand eis, sal veto. Dit is oor kommer dat dit samesprekings tussen Amerika, Egipte, Israel en Katar in gevaar kan stel wat poog om ‘n pouse in die oorlog te bewerkstellig, asook die vrylating van gyselaars wat deur Hamas aangehou word.