VSA voeg nog sanksies by teen Rusland

Amerika gaan vandag sanksies instel teen meer as 500 Russiese ondernemings. Dis die grootste stel sanksies sedert Moskou Oekraïne meer as twee jaar gelede ingeval het. Amerika se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê die nuwe maatreëls sal ʼn breë reeks elemente dek wat verband hou met die Russiese verdediging se nywerheidsbasis en inkomstebronne vir die land se ekonomie wat die oorlog befonds. Sullivan beskryf die pakket as nog ʼn stap om Moskou vir die oorlog aanspreeklik te hou.