VSA-verkiesing: Michelle Obama sê sy is bang

Dit wemel in die Amerikaanse politiek in aanloop tot die verkiesing later vanjaar. Daar is in sommige oorde groot kommer oor ‘n moontlik Donald Trump-presidensie en liberale denkers waarsku dat hy soos ‘n diktator sal optree en ‘n bedreiging vir demokrasie is. Die voormalige presidentsvrou en Demokraat, Michelle Obama sê sy is baie bang.