VSA stem… maak dit hier saak?

Die Amerikaanse presidentsverkiesing vind vandag plaas. Kiesers in elke staat en die Distrik van Columbia sal kiesers vir die Kieskollege kies, wat dan die president en vise-president vir die volgende vierjaartermyn sal kies. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, gesels oor wat die verkiesings vir Afrika beteken, veral vir Namibië en Suid-Afrika.