VSA stel sanksies teen Joodse setlaars in

Amerikaanse president Joe Biden het ‘n uitvoerende bevel uitgereik wat daarop gemik is om Joodse setlaars te straf wat Palestyne in die besette Wesoewer aanval, ná die Hamas-aanval op 7 Oktober op suidelike Israel. Biden se bevel vestig ‘n stelsel vir die oplegging van finansiële sanksies en visumbeperkings teen individue wat bevind word dat hulle Palestyne aangeval of geïntimideer het, of beslag gelê het op hul eiendom, sê die Withuis se nasionale veiligheidsadviseur, Jake Sullivan. Die Verenigde Nasies se syfers toon dat daaglikse setlaarsaanvalle meer as verdubbel het in die byna vier maande sedert die Hamas-aanval.