VSA stel ondersoek na intelligensie uitlek 

Amerika stel ondersoek in nadat hoogs geklassifiseerde intelligensie oor Israel se beplande reaksie op Iran se hewige missielaanval vroeër die maand uitgelek het. Iran sê die aanval was uit wraak vir Israel se sluipmoord op senior Hamas- en Hizbollah-leiers, sy oorlog in Gaza en die aanval in Libanon. Die dokumente is afkomstig van die Amerikaanse Geopolitieke Intelligensie-agentskap en Nasionale Sekerheidsagentskap. Die uitlekvoorval kom terwyl voorberei word vir Israel se verwagte wraakaanval op Iran, wat aanvalle op ekonomiese infrastruktuur of olie-fasiliteite kan insluit.