VSA-soldaat verkrag glo Okinawa tiener
‘n Amerikaanse soldaat is aangekla van die ontvoering en verkragting van ‘n tienermeisie in Okinawa, ‘n Japannese eilandketting waar die streek se grootste Amerikaanse militêre basis is. Volgens die BBC sal die saak waarskynlik die jarelange plaaslike teenstand teen Amerikaanse militêre teenwoordigheid aanwakker, met 54 000 Amerikaanse soldate wat in Japan diens doen. Die woede is verder aangevuur deur vorige seksuele aanrandingsake. Een van die hoëprofielsake was in 1995, toe ‘n twaalf-jarige meisie deur drie Amerikaanse dienspersoneel verkrag is, wat gelei het tot maande-lange betogings.