VSA-senaat verwerp Gaza-menseregte resolusie

Die Amerikaanse senaat het ʼn resolusie verwerp wat die Departement van Buitelandse Sake sou verplig om menseregteskendings aan te meld wat dalk kon plaasvind wanneer Amerikaanse toerusting in die oorlog in Gaza gebruik word. Die resolusie wat met 72 stemme teen elf verwerp is, is deur die progressiewe onafhanklike, Bernie Sanders, gelei. Amerika gee jaarliks sekuriteitshulp ter waarde van 72 miljard Namibiese dollar aan Israel. Dit wissel van vegvliegtuie tot kragtige bomme. Sanders sê die resolusie was die begin van pogings om die oorlog se verwoesting te beperk: