VSA sê Russiese vegvliegtuig bots met sy hommeltuig

Die Amerikaanse weermag het bevestig ‘n Russiese vegvliegtuig het met ‘n Amerikaanse hommeltuig gebots en in die Swartsee neergestort. Die twee Russiese Su-27-vegvliegtuie het die onbemande MQ-9 Reaper-hommeltuig in die internasionale lugruim onderskep voordat een van hulle die tuig se skroef getref en Amerikaanse magte gedwing het om dit af te bring. Amerika sê die voorval toon ‘n gebrek aan bevoegdheid en is onveilig en onprofessioneel. Rusland se ambassadeur in Amerika. Anatoly Antonov, sê hulle beskou die hommeltuig-voorval as uitlokking.