VSA sê Rusland lieg oor Oekraïnse graan

Die VSA het Rusland se bewering dat die meeste van die graan wat Oekraïne verlaat het deur die Swartsee-graaninisiatief die rykste lande bevoordeel het, ten sterkste veroordeel. USAids se adjunk-administrateur vir beleid en programmering, Isobel Coleman, sê Rusland lieg vir die wêreld. Sy sê die Kremlin gaan voort om leuens oor die Swartsee-graaninisiatief te versprei terwyl hy rekordwinste uit die uitvoer van landbouprodukte verdien. Russiese President Vladimir Putin het die Weste daarvan beskuldig dat hy die ooreenkoms gebruik om graan na dele van Europa te kanaliseer terwyl Afrika en ander arm dele van die wêreld verwaarloos word.