VSA sê IDF moet ondersoek instel na bewerings van teistering

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake doen ‘n beroep op ‘n vinnige en deeglike ondersoek na bewerings dat Israelse soldate Palestynse aangehoudenes seksueel geteister het. Uitgelekte beeldmateriaal wys waar soldate na bewering ‘n Palestynse aangehoudene by die Sde Teiman-basis in die Israeliese Negev-woestyn seksueel aanrand. ‘n Verslag van die Verenigde Nasies het onthul meer as 50 Palestynse aangehoudenes van die Gaza-strook en die Wesbank is sedert sewe Oktober dood. ‘n Woordvoerder van die departement, Matthew Miller, sê die bewerings is verskriklik: