VSA se huishoudelike skuld stoot Namibiese rentekoerse op

‘n Namibiese ekonomiese kenner meen dit is onafwendbaar dat Amerikaanse huishoudelike skuld ‘n impak op wissel- en rentekoerse het, ook vir Namibië. Amerikaners raak dieper in die skuld teen die vinnigste koers in twee dekades, terwyl hulle voortgaan om te spandeer en te leen te midde van hoë inflasie en verhoogde rentekoerse. Amerikaanse huishoudelike skuld het in die vierde kwartaal van 2022 met 394 miljard Amerikaanse dollar gegroei, volgens ‘n nuwe verslag van die Federale Reserwebank. Huishoudelike skuld, wat onder meer verbande, kredietkaarte en studielenings, is nou 2,75 triljoen dollar hoër as wat dit in 2019 voor die pandemie was. Ekonoom Gabriel Erastus sê aan Kosmos 94.1 Nuus die stygende rentekoerse gaan ‘n probleem vir Namibiërs wees.