VSA sê daar sal gevolge wees vir N-Korea se Russiese ontplooiing 

Die VSA sê dat 3 000 Noord-Koreaanse troepe na Rusland ontplooi is en op verskeie plekke oefen. Owerhede noem die stap baie ernstig. Lloyd Austin, minister van verdediging, het dit as ‘n volgende stap beskryf nadat die land Rusland van wapens voorsien het, en gesê Pjongjang kan gevolge verwag. Die bevestiging kom nadat Oekraïnse president Volodymyr Zelensky reeds op 17 Oktober gesê het sy intelligensie het dit bevestig.