VSA sal wraakaanvalle uitvoer

Die VSA het planne goedgekeur vir ‘n reeks aanvalle in Irak en Sirië teen verskeie teikens, insluitend Iranse personeel en fasiliteite. Dit volg na ‘n hommeltuig-aanval waarin drie Amerikaanse soldate in Jordanië, naby die Siriese grens, dood is. Die VSA het ’n Iran-gesteunde militante groep vir die aanval geblameer. Verskeie Iran-gesteunde groepe in die Midde-Ooste het aanvalle op Amerika en Israeliese teikens verskerp, te midde van Israel se voortslepende oorlog teen Hamas. Die Amerikaanse minister van verdediging, Lloyd Austin, sê hulle sal nie aanvalle op Amerikaanse troepe duld nie: