VSA sal binnekort sy kruin met Omikron bereik

Die Withuis se hoof-mediese raadgewer, Anthony Fauci, sê die meeste deelstate sal binnekort ‘n kruin in gevalle van die koronavirus se Omikron-variant bereik, en verbysteek. Meer as 865 000 mense in die VSA het sover weens Covid-19 gesterf. Fauci sê die Omikron-variant blyk ‘n minder ernstige siekte as ander variante te veroorsaak, maar mense word wel steeds daarvan siek. Hy sê selfs met Omikron maak opvolginenting ‘n reuse-verskil om te voorkom dat mense in die hospitaal beland: