VSA rentekoers daal eerste keer in 4 jaar
Die Amerikaanse sentrale bank het rentekoerse vir die eerste keer in meer as vier jaar verlaag. Die Federale Reserweraad sê hy sal die teiken vir sy sleuteluitleenkoers met 0,5 persentasiepunte verlaag tot ‘n reeks van tussen 4,75 persent en 5 persent. Dit kom na amptenare kommer uitgespreek het oor stygende werkloosheidsyfers. Die wyd verwagte verlaging is groter as wat baie ontleders net ‘n week gelede voorspel het, en amptenare het aangedui dat verdere verlagings waarskynlik voor die einde van die jaar sal volg.