VSA Ope: Dis Aryna teen Coco in die finaal

Die wêreld se nommer-twee-speler, Aryna Sabalenka, kom môre in New York teen die Amerikaner Coco Gauff te staan, in die vroue-eindstryd van die Amerikaanse Ope. Die Belarus, wat ná die toernooi die nuwe wêreld-nommer-een sal wees, het die eerste stel verloor maar teruggeveg om nog ‘n Amerikaner Madison Keys met 0-6, 7-6, 7-6 te klop, vir haar eerste Amerikaanse Ope-eindstryd. Gauff speel ook in haar eerste eindstryd in New York nadat sy die tiende gekeurde Tsjeg, Karolina Muchova, met 6-4 7-5 verslaan het. Gauff sê sy is gereed om ‘n Grand Slam te wen: