VSA ontplooi duikboot, vleigdekskepe na Midde-Ooste
Die Amerikaanse regering het ‘n geleide missielduikboot na die Midde-Ooste gestuur terwyl ‘n vliegdekskip reeds op pad is en sy pas gaan versnel. Die minister van Verdediging, Lloyd Austin, het dit bevestig te midde van vrese van die streekskonflik wat kan uitkring na die sluipmoorde op senior leiers van Hezbollah en Hamas. Volgens die BBC het Austin gesê Amerika sal alles moontlik doen om Israel te beskerm. Iran word ook fyn dopgehou vir ‘n moontlike reaksie na die moord op die politieke leier van Hamas, Ismael Haniyeh, in die hoofstad van Iran.