VSA mik na twee-derdes e-voertuie binne tien jaar  

Amerika het ambisieuse nuwe teikens vir die verlaging van die vlak van voertuig-uitlaatgasse aangekondig. Dié land wil hê dat twee derdes van alle nuwe voertuie binne tien jaar elektrisiteits-aangedrewe moet wees. Voertuigvervaardigers en omgewingskundiges sê die regering werp alles in die stryd om teen vroeg volgende jaar nuwe reëls in plek te hê sodat die volgende regering dit nie maklik kan terugtrek nie.