VSA-man wat voorgee hy is dood het land op hol
Die Amerikaanse media is op hol oor die storie. ’n Man wat sy eie dood nagemaak het en uit die land gevlug het en sy familie agtergelaat het, was in kontak met die polisie in sy tuisstaat Wisconsin en het ondersoekers ’n video gestuur om te bewys dat hy veilig is.
Die 45-jarige Ryan Borgwardt het op 12 Augustus verdwyn terwyl hy gekajak het. Hy het verdwyn en die Green Lake County Sheriff’s Office het die meer vir 54 dae geduik maar toe vind hulle digitale bewyse dat hy na Oos-Europa gevlug het. Sheriff Mark Podoll sê hulle werk uiters hard om sy hartsnare te tokkel omdat sy vrou en drie kinders op hom wag. Podoll self het uiters emosioneel geraak tydens ‘n perskonferensie.
Maar, Podoll sê hy weier steeds om terug te keer.