VSA loods twee aanvalle op Iranse teikens in Sirië 

Amerika het bevestig hy het twee aanvalle uit selfverdediging uitgevoer op twee fasiliteite in die ooste van Sirië wat deur Iran se Islamic Revolutionary Guard Corps en verwante groepe gebruik word. Die minister van Verdediging, Lloyd Austin, sê die aanval is in reaksie op ʼn reeks aanvalle teen Amerikaanse personeel in Irak en Sirië deur terreurgroepe wat deur Iran ondersteun word. Vier-en-twintig soldate is in meer as tien kleinskaalse aanvalle op Amerikaanse basisse in die streek gewond. Austin sê die Amerikaanse aanvalle hou nie verband met die voortslepende konflik tussen Israel en Hamas nie.