VSA lei 120 Namibiese vroue in 14 streke op

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, het vandag amptelik die Academy for Women Entrepreneurs op Walvisbaai bekendgestel. Die akademie wat in 2020 in Namibië gestig is, het opleiding aan altesaam 70 vroue van die streke Karas, Erongo, Khomas, Ohangwena en Oshana in onderskeidelik in 2021 en 2022 gebied. Vanjaar sal 120 vroue uit al 14 streke van Namibië aan die kursus deelneem en oor ‘n tydperk van vyf maande opleiding ontvang.