VSA konsulteer met bondgenote oor Noord-Koreanse troepe in Rusland
Dit sal ‘n gevaarlike en uiters kommerwekkende ontwikkeling wees as Noord-Korea troepe gestuur het om Rusland in die Oekraïne te help. Dit is volgens die VSA. Robert Wood, adjunk-ambassadeur by die VN sê sy regering konsulteer met bondgenote oor die implikasies van so ‘n dramatiese stap. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het vroeër Pyongyang daarvan beskuldig dat hy voorberei om 10 000 soldate na Rusland te stuur. Suid-Korea se spioenasie-agentskap het verlede week gesê dat Noord-Korea 1 500 spesiale magte troepe na Rusland se Verre Ooste gestuur het vir opleiding.