VSA kla Do Kwon aan na sy arrestasie

Do Kwon, die Suid-Koreaanse kripto-handelaar agter twee eenhede wat verlede jaar na raming meer as 40 miljard Amerikaanse dollar verloor het, is deur Amerikaanse aanklaers van bedrog aangekla. Dit kom nadat hy in Montenegro, met vervalste reisdokument aangekeer is. Kwon was ‘n paar maande lank ‘n voortvlugtige, en Suid-Koreaanse owerhede het verlede September ‘n arrestasiebevel vir hom uitgereik. Hy word ook in Singapoer en die VSA gesoek so dit is nie duidelik na watter land hy uitgelewer sal word nie.