VSA internetsoektogte oor emigrasie styg na Trump wen

Internetsoektogte in Amerika oor verhuising na die buiteland het die hoogte ingeskiet toe dit duidelik begin word Donald Trump gaan na die Withuis terugkeer. Google se data toon Amerikaanse soektogte vir “verhuis na Kanada” het verlede week met 1 270-persent gestyg binne 24-uur nadat die stembusse gesluit het. Volgens Sky News het soortgelyke navrae oor emigrasie na Australië met 820-persent gestyg terwyl 25 000 Amerikaners onmiddellik na die verkiesingsuitslae die webwerf, Immigration New Zealand, besoek het. Dit volg op Trump se belofte gedurende sy veldtog oor die massa-deportasie van alle onwettige immigrante.