VSA glo steeds hy kan streekskonflik vermy

Amerika sê hy werk steeds aan planne om die spanning in die Midde-Ooste te verlig. Iran het aangedui hy is van plan om terug te slaan teen Israel vir die sluipmoord op die Hamas-leier Ismail Haniyeh in Teheran. Hamas en Teheran blameer Israel vir die moord, maar Israel het nie enige betrokkenheid erken of ontken nie. Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, sê ‘n streekkonflik is nie onafwendbaar nie: