VSA gesels deurlopend met Israel oor grondaanval

Die grondaanval deur die Israeliese weermag word enige dag verwag, maar daar is kommer oor die reeds verslegtende humanitêre toestande in die Gaza-strook. Kenners meen dit sal vererger met soldate op die grond, veral met Hamas wat sy bedrywighede met tonnels in die gebied uitvoer. Die woordvoerder van die Withuis se nasionale sekuriteitsraad John Kirby sê hulle is deurlopend in kontak met Israel se weermag oor sy volgende stappe.