VSA erken Gonzalez, nie Maduro nie

Die Verenigde State het die Venezolaanse president Nicolas Maduro se opponent en opposisiekandidaat Edmundo Gonzalez as die wenner van die land se betwiste presidensiële verkiesing erken en Maduro se aanspraak op oorwinning verwerp. Die minister van buitelandse sake, Antony Blinken sê gegewe die oorweldigende bewyse, is dit duidelik vir die Verenigde State en, die belangrikste, vir die Venezolaanse mense dat Edmundo Gonzalez die verkiesing gewen het.