VSA-China konflik sal ‘ondraaglike ramp’ wees

Die Chinese minister van verdediging, Li Shangfu, het vandag aan Asië se topveiligheidsberaad gesê dat konflik met die Verenigde State ‘n ondraaglike ramp sou wees, en dat sy land dialoog oor konfrontasie verkies. Hy sê die wêreld is groot genoeg vir China en die VSA om saam te groei – opmerkings wat gemaak is dae nadat hy geweier het om sy Amerikaanse eweknie te ontmoet vir direkte gesprekke. Terwyl daar baie verskille tussen die twee lande is moet dit hulle nie daarvan weerhou om gemeenskaplike grond en belange te soek om bilaterale bande te bou nie.