VSA, Brittanje stel sanksies teen Hamas in
Amerika en Brittanje het sanksies gekoördineer wat ontwerp is om die Palestynse militante groep Hamas-operasies te ontwrig, en op vier van sy senior leiers en twee finansiers gerig is. Die sanksies sluit in ‘n reisverbod, bevriesing van bates asook ‘n wapenverbod. Die nuut aangestelde Britse minister van Buitelandse Sake, David Cameron, sê hulle sal voortgaan om saam met die VSA en ander bondgenote, alles tot hul beskikking te gebruik om die afskuwelike aktiwiteite van hierdie terreurorganisasie te ontwrig. Dit sal dit moeiliker maak vir Hamas om te funksioneer en hulle wêreldwyd isoleer.