VSA-ambassadeur sê Suid-Afrika se betrekkinge met sy land bly goed

Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, is doodseker oor die hegtheid van die betrekkinge tussen die twee lande, ondanks spanning oor Suid-Afrika se bande met Rusland en China. ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging gaan Amerika besoek om met wetgewers te praat oor ‘n hersiening van die verhouding, aangesien dit Suid-Afrika se status ten opsigte van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, mag raak. Brigety sê hy is optimisties om bilaterale bande weer te laat opvlam.