VSA ambassadeur besoek Noorde

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië Randy Berry gaan volgende week op ‘n amptelike besoek aan die noordelike streke. Die ambassadeur gaan met amptenare en vennote van die Amerikaanse Pepfar-program teen MIV en vigs in gesprek te tree om eerstehands die sterk vennootskap in die gesondheidsektor tussen die Amerikaanse en Namibiese regerings in die streke van Oshana, Oshikoto, Omusati en Ohangwena te sien. Berry sal onder meer Oshakati, die Onandjokwe-hospitaal en Oniipa besoek om Pepfar se mylpale uit te lig wat oor die jare behaal is. Tiffany Miller, skakelbeampte van die ambassade, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…