VSA ambassade ontken beweringes oor vaartuig 

In reaksie op berigte oor die konfiskering van die beweerde spioenasie-vaartuig wat in Namibiese gebiedswater naby Lüderitz gevind is, het die Amerikaanse ambassade in Namibië enige bewerings dat die Amerikaanse regering betrokke is, of ingemeng het met die gekonfiskeerde Saildrone-vaartuig ten sterkste ontken. Tiffany Miller, skakelbeampte van die Amerikaanse ambassade, sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel die vaartuig vervaardig en bedryf word deur Saildrone, ‘n private Amerikaanse maatskappy, het die Sweedse Universiteit van Göteborg die vaartuig vir mariene navorsingsdoeleindes gekontrakteer.