Vrywilligers soek na vermiste man op see
Die lewensredding-vrywilliger Sean Naude en sy span is op ‘n soek-en-reddingsending na ‘n man wat naby Kaap Kruis vermis word. Hy sê ‘n vaartuig was geanker en het wag om gesleep te word, en sy span het twee dae gelede na die skip gegaan met voorrade. Naude het Sondag ‘n oproep ontvang oor ‘n bemanningslid wat die skip in ‘n rubberboot met net roeispane verlaat het. Die see-toestande is tans swak. Die vloot, hawebeheer, NamPol en alle vaartuie op see is in kennis gestel. Lugondersteuning sal dalk nodig wees om hom te probeer opspoor as die vrywilligers hom nie eerste kry nie.