Vrystaatse boere bekommerd oor beurtkrag

ActionSA in die Vrystaat sê boere in Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz het elke dag met omvattende kragonderbrekings te kampe met fase 6 beurtkrag van 13 en ʼn halfuur lank. Reitz is een van die mees produktiewe gebiede in Suid-Afrika en spog met een van die grootste graansilo’s ter wêreld. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Patricia Kopane, sê een van die grootste mielieproduksie-gebiede, stapelvoedsel vir die meeste Suid-Afrikaners, word uiters nadelig geraak.