Vrystaat se plaasveiligheid moet herstel word
Die DA in die Vrystaat vra die hervestiging van landelike plaasveiligheidseenhede in die provinsie ná nog ‘n plaasaanval in die Kestell-gebied. Ses aanvallers het gister vir Suzaan Cordier en ‘n plaaswerker op die plaas Modderfontein aangeval. Bea Campbell-Cloete van die DA sê weens landelike veiligheidseenhede wat nie ten volle in werking is nie, is daar ‘n toename in plaasaanvalle in landelike gemeenskappe, met veral die kwesbares wat aan die ondenkbaarste marteling onderwerp word: