Vrystaat-munisipaliteite verbeur R3,8 miljard se toelaes

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê munisipaliteite het die afgelope agt boekjare altesaam 3,8-miljard Suid-Afrikaanse rand se voorwaardelike toelaes verbeur. Die fondse wat vir infrastruktuur-probleme bedoel was, is aan Nasionale Tesourie teruggegee. ʼn Woordvoerder van die party, Armand Cloete, sê dit is terwyl riool deur die strate vloei, waterlekkasies groot verliese veroorsaak, paaie verbrokkel en noodsaaklike behuisingsprojekte onvoltooid is.