Vryskutwerk neem toe, hoe gemaak

Vanjaar werk byna die helfte van die wêreldwye arbeidsmag, ongeveer 1,57 miljard mense, op ‘n vryskut-basis. Hierdie verskuiwing sluit ‘n reeks rolle in, van tradisionele vryskutwerk soos saamry-dienste en kosaflewering tot hoogs geskoolde beroepe soos regskonsultasie, rekenmeesterwerk en IT-ontwikkeling. In Indië, byvoorbeeld, skuif die IT-sektor al hoe meer na vryskutwerk, met ‘n toename van 8 persent in vryskut-aanstellings en ‘n totaal van 18 persent van werkverskaffers wat vanjaar vryskutwerkers wil huur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gesels oor wat personeelbestuurders in gedagte moet hou oor tradisionele permanente personeel.