Vryheid van media in Afrika, plaaslik, bespreek

Die tweede Afrika-mediakonvensie in Lusaka, Zambië, het erkenning gegee aan die stand van die media in Afrika. Afgevaardigdes by die konferensie het hul kommer uitgespreek oor toenemende gevalle van oortredings teen joernaliste en media-werkers in Afrika wat onder meer die regte op vryheid van uitdrukking en mening, toegang tot inligting, assosiasie en politieke deelname skaad. Die plaaslike media-vakbond, Nampu se sekretaris-generaal Sakeus Iikela, het sy reaksie oor hoe die Namibiese polisie die media by groot byeenkomste hanteer, met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…