Vrouesport baie gewild in Brittanje
‘n Rekordgetal van 15,1 miljoen mense in Brittanje het in die eerste drie maande vanjaar na vrouesport gekyk in vergelyking met 5,06 miljoen in dieselfde tydperk verlede jaar. Dis volgens die jongste navorsing van The Women’s Sport Trust, wat bekend gemaak het die gemiddelde kyktyd per persoon het omtrent verdubbel van 68 minute in dieselfde tydperk verlede jaar na 122 minute vanjaar. Die Vroue Superliga was die gewildste, met 58 persent van die mense wat daarna gekyk het.