Vrouesokker: NS skok Noorweë, Aussies vir Ierland
Sokker: Drie groepswedstryde word vandag in die Wêreldbeker-toernooi vir vroue gespeel nadat die toernooi Donderdag afgeskop het met oorwinnings vir beide gasvrou-lande. Nieu-Seeland het Noorweë in die openingswedstryd met 1-0 geklop voordat Australië Ierland met dieselfde telling verslaan het. Banyana Banyana se eerste wedstryd sal Sondagoggend teen Swede wees. Suid-Afrika het Costa Rica in ‘n opwarmingswedstryd geklop en die verdediger, Noko Matlou, sê hulle is gereed om hul Wêreldbeker-veldtog af te skop.