Vroue wat sterf in geslagsgeweld kos Swapo stemme – Sioka

Aanmerkings deur die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Doreen Sioka, het wyd reaksie uitgelok. Sioka, wat reeds ‘n geruime tyd gebuk gaan onder kritiek vir haar trae reaksies op geslagsgeweld en die feit dat sy nooit na vore tree nie, het gesê die kwessie van geslagsgeweld wek kommer omdat nie net kos dit die regering geld om na weeskinders te kyk nie, maar, die wat daaraan sterf is hulle ondersteuners en dus verloor die party stemme.