Vroue-Springbokke leer heelwat tydens Europese toer

Rugbynuus: Die afrigter van die Vroue-Springbokke, Stanley Raubenheimer, sê hulle nederlaag teen die Barbarians het die klem geplaas op ‘n paar werklikhede oor die span se posisie in die aanloop tot volgende jaar se Wêreldbeker. Suid-Afrika het aan die einde van hulle toer ‘n 60-5 loesing op Twickenham op die lyf geloop. Hulle het vroeër ook te staan gekom teen Frankryk, Wallis, en Engeland se Onder 20-span. Raubenheimer sê ‘n volgehoue vertoning is ‘n deurslaggewende aspek waaraan die span moet werk voor die Wêreldbekertoernooi in Kaapstad.