‘Vroue sonder geld’ word gewerf as dwelm-muile

Dit gons steeds oor die 30-jarige Namibiese vrou wat Sondag in Johannesburg aangekeer is met kokaïen in haar maag. Sy het 68 pakkies, sowat 850 gram, teen Maandagaand uitgeskei. Sy het glo met haar Nigeriese minnaar na Brasilië gereis en hy het haar blykbaar oortuig om die dwelms te smokkel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die oud-dwelmhoof van Nampol, kommissaris Hermie van Zyl, oor die fenomeen van veral vrouens wat dikwels as dwelm-muile gebruik word.